SKERM KALIBRASIE

SKERM KALIBRASIE


Digitale beelde verskil drasties op verskillende rekenaars, afhangende van die opstelling van die toerusting en die maak of model van die toerusting. Foto's mag verbleik, te donker, te helder, of verwronge lyk.

Deur die 5 eenvoudige stappe op hierdie bladsy te volg, sal u toerusting opgestel wees volgens die standaarde wat meeste digitale kunstenaars gebruik:


  1. Maak seker u grafika kaart is opgestel vir 24-bis of 32-bis kleur. Die tweede swart-na-wit gradient is effens opgebreek, terwyl die eerste een glad van swart na wit vloei. Indien nie, of indien beide identies lyk, is die rekenaar vir minder as 24-bis kleur opgestel:
    [24-bis reenboog] [16-bis reenboog]
  2. Stel die skerm kontras so hoog as moontlik.
  3. Stel die skerm helderheid sodat die vier grys blokkies so donker as moontlik is, maar steeds onderskeidbaar van die swart blokkies is, terwyl die wit staaf steeds helder wit wys:
    [Helderheid stelling]
  4. Toets die nuwe stellings.
    Die grys blokkie wat beste saamsmelt met sy omgewing gee die huidige 'gamma' stelling (kombinasie van helderheid en kontras). Die ideale waarde is tussen 1.80 en 2.20, afhangende of u 'n PC of Apple rekenaar gebruik. Indien die waarde buite hierdie grense is, probeer weer van stap een af. Dit is ongelukkig onmoontlik om sommige VKV ('LCD') skerms perfek in te stel. Dit help soms om verder terug te staan van die skerm af om die grys blokkies te evalueer. Indien al die grys blokkies dieselfde lyk, moet u ook terug gaan na stap een.
    Sien asseblief hier vir verdere inligting.
    [Gamma stelling]
  5. Maak seker die grafika kaart is opgestel vir minstens 1600 x 900 pixels resolusie. (Hierdie bladsye was ontwerp om op 1920 x 1080 of better te gebruik). Stel u sagteware vir vol skerm.

    Die geel raam hier onder behoort perfek vierkantig te wees. Deur die skerm op of af te rol behoort dit ook moonlik te wees om die raam ten volle sigbaar op die skerm te maak, met so 2cm spaar spasie aan alle kante:

700 x 700 pixels

U rekenaar is nou opgestel vir beste resultate.

Die verbetering behoort merkbaar te wees met ander sagteware ook.